Geanker in my spore van gisters vantevore
Trane kom gietende,
soos dou uit die hemel,
soos reënval op droë grond,
soos water vir 'n dorstige siel,
soos strome in 'n woestyn.
Hul vloei,
gee lig in die donker,
soos sterre in die lug,
soos sonskyn in 'n nuwe dag,
maak elke hart mooi,
soos reënboë in die lug.
Laat hulle tuimel,
eindeloos vloei van ons wange af,
soos riviere wat nooit droogloop nie,
streel, verlig, vertel,
trane uit elke gebroke hart
vorm 'n legkaart
wat kan heelmaak
©Marike Erasmus
👁 2💬 0
Something wrong with this poem?
Replies are closed for this poem.
Your Poem's Voice
See what makes your poem unique — its voice, energy, themes, and the literary traditions it draws from.
Comments (0)
No comments yet. Be the first to share your thoughts.
Log in to leave a comment.