®onn!e
Ek is ‘n onsekere jong man wat op my manier probeer om kreatief te wees. Ek sê soms min, want daar is teveel om te sê. Ek filosofeer oor die doel en rigting van my lewe en ek skaaf aan my eie menswees, en ek probeer om die beste ‘ek’ te vind.
Ek kry seer, maar ek maak ook soms seer. Ek ken God, maar soms soek ek Hom, dan is woorde al wat sin maak vir my. Ek word geïnspireer deur ander, ek inspireer ander en ek inspireer myself. Soms pleit en smeek ek stil-stil in ‘n fluisterstem aan die wêreld “wys my jou seer, dalk skryf ek dit neer, asseblief, verweer my, inspireer my, gee my tog net rede om te skryf”.
Ek hou daarvan om tyd saam met myself te spandeer en om te droom daaroor om te reis en boeke en bundels te skryf en om lief te hê. Ja, ek het besluit om my lawwe verliefdheid te embrace. Dit het my ook help besef dat ek NIE soos die res van die samelewing wil wees nie! Ek het ‘n gedig begin skryf, maar voor ek hom kon klaarmaak het ek besef dat dit nie ek is nie, dit is ‘n, ‘n byna geprogrammeerde ‘passie’ vir dit waaroor ek skryf.
Ek het gewonder oor wie en wat,ek het besluit om in te gee,en te begin glo in dit en dat,ek word minder van myself,ek hou op om diep in my siel te delf,ek hou op dink oor kon en sou en moes-en ek begin om ‘n vlakker ‘ek’ te oes,hulle druk my in ‘n blik,en laat my my eie krete sluk
Dit is wat die mense uit moderne digkuns wil hê, maar ek is jammer, my mense moet my aanvaar soos ek is. Ek is tog die Ronnie is ek nie? Ek sal nie ingee onder die druk om ‘in’ te wees nie.
Ek is net nog iemand wat soms wonder oor kon en sou en moes. Ek is net nog ‘n ou wat na myself soek. Ek is net ‘n jong man dromer…
👁 3💬 0
Something wrong with this poem?
Replies are closed for this poem.
Your Poem's Voice
See what makes your poem unique — its voice, energy, themes, and the literary traditions it draws from.
Comments (0)
No comments yet. Be the first to share your thoughts.
Log in to leave a comment.